'n Oop-oog Reis, Wim Fourie

'n Oop-oog reis

"Wim Fourie is, naas sy beroep as predikant, ook 'n avonturier, 'n reisiger, 'n skrywer, 'n reisgenoot – en boonop nog fotograaf ook.

Met hierdie bundel outobiografiese sketse reis hy, soos die storiekarakter van sy vroegste jeug, in 'n fantasie-koffer na eksotiese bestemmings in Suid-Afrika en die buiteland. Dalk is al die plekke wat hy besoek, nie werklik so eksoties nie, sommige is eintlik maar alledaagse bestemmings, maar deur die skerp waarnemings van die skrywer, en die ontroerende ervarings van 'n sensitiewe mens, kry hy dit reg om van ons, die lesers, sy medepelgrims te maak. Gewillig reis ons saam, gretig en afwagtend op die avontuur. Ook ons word ontroer en verras deur dit wat hy al skrywend en beeldend vir ons vaslê." Riana Scheepers

"Dis fyn geskryf, Wim, en ek is so bly jy het dit gedoen. Die malste was ek natuurlik oor jou kindertydbrokkies. Jou Phoenix-onthou korreleer pragtig met Karel Schoeman s'n in "Die laaste Afrikaans boek". -- Engela Linde

 

Elke boek kos R140 (posgeld ingesluit). Deponeer die bedrag in hierdie rekening (gebruik jou naam as verwysing):

Absa-spaarrekening
Naam: LM Fourie
Rekeningnommer: 1349 480 618

Stuur die bewys en jou posadres en selnommer na wimfourie4@telkomsa.net
Binne dae sal jou boek in jou hande wees.

terug tuisblad toe